# Die Duitse bondskanselier Friedrich Merz het die verregse Alternatief vir Duitsland-party beskuldig dat sy teen-migrasiebeleid gelykstaande is aan “etniese suiwering”. Hy het in die Parlement gepraat na sy party, die Christen-Demokratiese Unie, se verpletterende nederlaag in die oostelike staat Sakse-Anhalt, waar AfD byna 44-persent van die stemme gewen het. Merz sê die AfD het Duitse belange benadeel deur Rusland te ondersteun. Hy sê die sogenaamde “remigrasie”-beleid sal miljoene mense raak, wat beteken dat geen versorgingsoord, hospitaal of restaurant kan funksioneer nie.
Duitse bondskanselier sê die verregse AfD se migrasiebeleid is “etniese suiwering”