Skip to content

McKenzie eis demografiese uiteensetting van nuwe SAPD-rekrute

# Die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Polisiediens om ‘n volledige demografiese uiteensetting van sy jongste werwingsinname vry te stel. McKenzie wil syfers per ras, provinsie en geslag hê, asook die keuringskriteria. Sy kommentaar volg na Sondag se Nasionale Herdenkingsdag by die Uniegebou, waar 12 beamptes wat in die uitvoering van hul pligte gesneuwel het, deur president Cyril Ramaphosa vereer is. Ramaphosa sê werwing en bevorderings moet op meriete, bevoegdheid en integriteit berus, en met toepaslike opleiding en toerusting gepaard gaan.