# Tennis: Die Amerikaner Ben Shelton het die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, in ‘n vyfstel-riller uitgeskakel om die Amerikaanse Ope se halfeindronde die eerste keer sedert 2023 te haal. Die agtste-gekeurde het die Spanjaard na vier-uur-en-28-minute geklop in die kwarteindstryd, wat half-vier die oggend in New York geëindig het – die laatste ooit vir ‘n wedstryd op die hardebaan-toernooi. Shelton speel nou om ‘n plek in die eindstryd teen sy landgenoot Frances Tiafoe, wat twee stelle agter was voor hy nog ‘n Amerikaner, Alex Michelsen, geklop het.
Tennis: Shelton skakel Alcaraz uit in ‘n vyfstel-riller in die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope