# Sokker: Die Australiese Wêreldbeker-speler Cristian Volpato is ‘n boete opgelê nadat hy positief getoets is vir kokaïen toe hy in Julie in Sydney vir ‘n spoedoortreding afgetrek is. Die polisie van Nieu-Suid-Wallis sê sy tweede monster het ook ‘n positiewe toets opgelewer. Die 22-jarige middelveldspeler is met agtduisend-300 rand beboet. Volpato het Italië op jeugvlak verteenwoordig voor hy kort voor die Wêreldbekertoernooi weer vir sy geboortland, Australië, begin speel het. Hy het drie wedstryde in die toernooi gespeel.
Sokker: Australiese Wêreldbeker-speler beboet vir gebruik van kokaïen