Skip to content

OVK verwag nog hofsake oor indiening van kandidate-lyste

# Die Verkiesingskommissie verwag dat meer politieke partye die Verkiesingshof gaan nader oor die indiening van kandidate-lyste. Die ANC daag die OVK se besluit uit om nie sy kandidate in ses munisipaliteite te registreer nie. Volgens die party kon hy kandidate nie registreer nie weens ʼn probleem met die stelsel. Die Verkiesingshof het intussen die United Democratic Front se dringende aansoek om die registrasie van kandidate verwerp. Die kommissie beklemtoon daar was geen probleme met die stelsel wat partye verhoed het om die sperdatum te haal nie.