# Ipsos sê kiesersopkoms sal in talle belangrike metro’s ʼn groot rol speel om die uitslag van die munisipale verkiesing te bepaal. Volgens ʼn nuwe Ipsos-meningspeiling se aanduidings is die DA en ANC se wedloop in Johannesburg, Ekurhuleni, Nelson Mandela-baai en Buffalo City baie mededingend. Ipsos sê die MK-party het tans ʼn voorsprong van 55-persent in eThekwini. Hy sê ondersteuning vir die EFF wissel oor metro’s, maar is op 27-persent die hoogste in Buffalo City. Ipsos sê ActionSA se grootste ondersteuning is in Gauteng se metropolitaanse gebiede.
Ipsos sê kiesersopkoms in belangrike metro’s sal groot rol speel in verkiesingsuitslag