Skip to content

Twee persone beseer in ligte vliegtuigongeluk in Midrand

# ‘n Man en ‘n vrou het geringe beserings opgedoen nadat ‘n ligte vliegtuig vanmiddag naby die R101 in Midrand neergestort het. Albei is hospitaal toe geneem vir verdere behandeling. Die R101 tussen New Road en Grand Central Boulevard is gesluit in die rigting na Centurion terwyl owerhede die wrakstukke verwyder en die oorsaak van die ongeluk ondersoek. Motoriste word versoek om die gebied te vermy en alternatiewe roetes te gebruik.