# Die NUM steun die United Steelworkers se staking op Sibanye-Stillwater se bedrywighede in Amerika en Kanada. Mpho Phakedi van die vakbond sê 420 werkers het verlede week op die Nye-myn en die Columbus Metallurgical Complex begin staak nadat loononderhandelings ‘n dooiepunt bereik het. Die NUM beskuldig die onderneming dat hy beduidende toegewings van werkers eis wat hul gesondheidsorgkoste sal verhoog en inkomste sal verminder. Hy vra Sibanye-Stillwater om sy onwrikbare standpunt te laat vaar en die onderhandelings te goeder trou voort te sit.
NUM beloof solidariteit met Sibanye-Stillwater-werkers se staking in buiteland