Skip to content

Verkiesingskommissie stel nuwe Waninligtings-kode bekend voor munisipale verkiesing

# Die Verkiesingskommissie het ʼn verkiesings-gedragskode teen waninligting in die plaaslike regeringsverkiesing goedgekeur en in die Staatskoerant gepublisheer voor die verkiesing op 4 November. Die kommissie sê dit behels dat politieke partye en kandidate moet seker maak inligting is betroubaar voor hulle dit deel. Hulle moet enige verkeerde of misleidende inligting binne 36-uur in die openbaar onttrek en regstel. Die OVK sê ʼn vrye en regverdige verkiesing hang nie net af van prosedurele regverdigheid nie, maar ook of kiesers die inligting kan vertrou wat hul keuses bepaal.