# Johannesburg se speaker, Margaret Arnolds, sê die moord op ʼn skoolbus-bestuurder in Westbury is ʼn pynlike herinnering dat geweldsmisdaad die veiligheid en welstand van inwoners in gemeenskappe reg oor die metro bedreig. Volgens die polisie het die 53-jarige man gister pas die laaste kinders afgelaai toe ongeïdentifiseerde verdagtes uit ʼn blou VW Polo op hom losgebrand het. Hy is talle kere raakgeskiet en op die toneel dood verklaar. Arnolds sê die voorval moet daartoe lei dat geweld in gemeenskappe aangespreek word:
Johannesburg-speaker eis meer optrede om gemeenskappe teen geweldsmisdaad te beskerm [KLANK]
ENG ArnoldsOnShooting