# President Cyril Ramaphosa sê die beweerde infiltrasie van die Suid-Afrikaanse Polisiediens deur misdadigers en gevestigde belangegroepe, ondersteun deur korrupte lede, kan nie toegelaat word om die diens te definieer nie. In sy weeklikse nuusbrief sê hy daar is duisende polisiebeamptes wat die land eerlik en moedig dien. Ramaphosa sê die regering kan nie openbare vertroue in die polisie bou tensy korrupsie uitgeroei word nie. Hy sê misdaad kan nie verslaan word tensy die polisie die vertroue en samewerking van die publiek het nie.
Ramaphosa sê openbare vertroue in die polisie kan nie gebou word tensy korrupsie uitgeroei word nie