# Krieket: Die snelbouler Gerald Coetzee kry vir die eerste keer in drie jaar die kans om Suid-Afrika te verteenwoordig in die drie eendagwedstryde teen Australië. Hy is ingesluit in die groep van 16 spelers vir die reeks, wat op die 24ste in Durban begin. Die tweede wedstryd word drie dae later op die Wanderers gespeel, en die laaste een op die 30ste in Potchefstroom. Coetzee het tydens die 2023 Wêreldbeker in Indië laas in ‘n eendagwedstryd vir die Proteas gespeel.
Krieket: Coetzee ná drie jaar terug in Proteas-eendagspan