# Gholf: Die verdedigende kampioen, Thriston Lawrence, het die Europese Meesterstoernooi in Switserland gewen en by die Spaanse meester Seve Ballesteros aangesluit as die enigste spelers om die toernooi drie keer te wen. Die Suid-Afrikaner het Paul Casey op die vierde uitspeel-putjie getroef. Nog ‘n Engelsman, Harry Hall, het in die laaste ronde sewe onder baansyfer aangeteken om derde te eindig, een hou agter Lawrence en Casey. Lawrence, wat nou ses oorwinnings op die DP World-toer behaal het, het prysgeld van net meer as tien-miljoen-rand gewen.
Gholf: Thriston Lawrence van Suid-Afrika word slegs tweede speler om die Europese Meesters drie keer te wen