Skip to content

Parlementêre Justisiekomitee spreek vertroue uit in Vanara na sy aanstelling as waarnemende IDAC-hoof

# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling sê advokaat Ntuthuzelo Vanara se aanstelling as waarnemende hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie of IDAC kom op ʼn belangrike tydstip vir Suid-Afrika se strafregstelsel. Die parlementêre ad hoc-komitee en die Madlanga-kommissie het ernstige probleme soos korrupsie, misdaadnetwerke, bestuur en institusionele swakhede onthul. Die komitee sê hy sal Vanara se vordering fyn dophou omdat IDAC ʼn doeltreffende, onafhanklike en geloofwaardige instelling moet wees wat ernstige korrupsie kan ondersoek en mense aanspreeklik hou.