Skip to content

Duitsland se verregse AfD wen streeksverkiesing maar nie met volstrekte meerderheid nie

# Die Duitse party, Alternatief vir Duitsland, het ʼn klinkende oorwinning in Sakse-Anhalt behaal wat dit die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog op staatsvlak aan bewind plaas. Volgens voorlopige uitslae het die party 44,4-persent van die stemme op hom verenig. Hy kon egter nie ʼn volstrekte meerderheid behaal nie. Die Duitse kanselier Friedrich Merz se party, die Christelike Demokratiese Unie, kon slegs 17-persent van die stemme kry. AfD se leier in Sakse-Anhalt, Ulrich Siegmund, sê die mense het dit baie duidelik gemaak dat hulle uiteindelik politieke verandering wil hê.