# ActionSA het kommer uitgespreek oor berigte dat die DA oorweeg om die Kaapse raadslid Abdulkader “AK” Elyas na die Parlement of die Wes-Kaapse Wetgewer te bevorder. Die voorsitter van ActionSA in die Wes-Kaap, Dereleen James, sê Elyas is skuldig bevind in ‘n interne DA-tugproses aan die vervalsing van kwalifikasies en oneerlikheid. James doen ‘n beroep op die DA om die beplande ontplooiing te verduidelik en sê openbare verteenwoordigers moet die hoogste standaarde van eerlikheid en integriteit handhaaf.
ActionSA bevraagteken DA-raadslid se moontlike bevordering