# Die operasionele direkteur van die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep, Cassey Chambers, het ‘n beroep gedoen op vinnige optrede om selfdood aan te spreek. September word tans as Seldoodvoorkomingsmaand erken. Chambers sê in ‘n onderhoud met die SABC selfdood is die tweede grootste oorsaak van sterftes onder 15- tot 29-jariges, terwyl mans ongeveer 80-persent van die syfer uitmaak. Sy het beklemtoon dat onbehandelde depressie en finansiële druk van die bydraende faktore is, en versoek mense om hulp te soek:
SADAG waarsku teen hoë selfdoodsyfers onder adolessente mans in Suid-Afrika [KLANK]
ENG-ChambersOnSuicide