Skip to content

Uitspraak voorbehou in Kirsten Kluyts moordverhoor [KLANK]

# Die Hooggeregshof in Johannesburg het uitspraak voorbehou in die moordverhoor van Bafana Mahungela, wat daarvan beskuldig word dat hy die Sandton-onderwyseres Kirsten Kluyts vermoor het. Kluyts is in Oktober 2023 vermoor terwyl sy aan ‘n atletiekbyeenkoms deelgeneem het. Die staat beweer sy is met ‘n stomp voorwerp aangeval en verwurg. Mahungela staan ​​tereg op aanklagte van ontvoering, roof met verswarende omstandighede, moord en poging tot verkragting. NVG-woordvoerder Magaboke Mohlatlole sê die hof het die saak tot 11 September uitgestel:

ENG-MohlatloleOnMahungela