# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners wa kwalifiseer om bloed te skenk met nasionale voorrade wat onder druk verkeer. Die Bloeddiens sê hulle moet drie-duisend-500 eenhede per dag insamel om ‘n vyf-dae-voorraad te handhaaf, maar huidige skenkings skiet tekort. Die diens vra gereelde, eerstekeer- en vervalde skenkers, veral dié in die O- en B-bloedgroepe, om na vore te kom, aangesien elke skenking kan help om tot drie lewens te red.
SA Bloeddiens moedig Suid-Afrikaners aan om bloed te skenk terwyl voorraad afneem