# Gholf: Christiaan Bezuidenhout is die enigste Suid-Afrikaner wat later die maand gaan deelneem aan die Presidentsbeker in Illinois, Amerika. Die toernooi word beslis tussen die Internasionale Span en Amerika op die Medinah-baan vanaf die 22ste. Internasionaal word aangevoer deur die Australiër Geoff Ogilvy en sluit spelers in soos Ryan Fox van Nieu-Seeland, Tom Kim van Suid-Korea en die Kanadese Nick Taylor en Corey Connors. Amerika word aangevoer deur Brandt Snedeker, en sluit die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, in asook Collin Morikawa en Xander Schauffele.
Gholf: Bezuidenhout enigste Suid-Afrikaner in Internasionale Span vir Presidentsbeker