# Amnestie Internasionaal Suid-Afrika sê die plaaslike regeringsverkiesing in November is ‘n kritieke oomblik van aanspreeklikheid weens die groot ontevredenheid met dienslewering en sigbare mislukkings in vele munisipaliteite. Volgens die verslag van die Ouditeur-generaal het net 39 van die 257 munisipaliteit ‘n skoon oudit gekry in die jongste ouditeursverslag. Amnestie Internasionaal SA sê kiesers moet vir menseregte en aanspreeklikheid stem. Hulle moet ‘n sterk boodskap aan verkose ampsdraers uitstuur dat korrupsie en swak dienslewering nie langer geduld sal word nie.
Amnestie Internasionaal SA vra kiesers om vir menseregte en aanspreeklikheid te stem