# Die vermeende meesterbrein van ‘n sindikaat wat betrek word by tien-miljoen-rand se bedrog in die Emfuleni-munisipaliteit in Gauteng is vanoggend in hegtenis geneem. Die provinsiale taakspan vir politieke moorde het die voormalige diensverskaffer, die 25-jarige Janitha van Reenen, aangekeer toe sy die Landdroshof in Vanderbijlpark verlaat het waar sy vir ‘n soortgelyke saak verskyn het. Die Hooggeregshof in Johannesburg het haar verlede week borgtog toegestaan nadat die laer hof haar borgtogaansoek drie keer van die hand gewys het. Die sindikaat word beskuldig van betrokkenheid by onwettige elektrisiteitsaansluitings.
Beweerde meesterbrein in bedrogsaak van R10-miljoen in Emfuleni vasgetrek