# Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê twee nuwe entstowwe teen die Bundibugyo-stam van die Ebola-virus in die Demokratiese Republiek die Kongo word tans in veiligheidsproewe in Brittanje en Kanada getoets. Die amptelike sterftesyfer in die DRK se dodelikste Ebola-uitbreking ooit, is meer as drie-duisend. Die provinsie Ituri bly die middelpunt waar 88-persent van die sterftes was. Die Amerikaans-gebaseerde Moderna-groep is ook besig om ʼn entstof te ontwikkel. Die WGO sê doeltreffendheidstoetse van al drie entstowwe behoort teen Oktober of November in die DRK te begin.
Proewe vir drie moontlike entstowwe teen DRK se Ebola-stam, Bundibugyo, begin in November