Skip to content

Minister Creecy sê regering werk aan streng beleid vir nul-persent bloed-alkoholvlak

# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê die regering wil die wettige bloedalkoholvlak van voertuigbestuurders na nul-persent verander in ʼn poging om padveiligheid te verbeter. Die wysigings sal aan Artikel 65 van die Nasionale Padverkeerswet gemaak word. Meer as 18-duisend mense is vanjaar tussen Maart en Augustus weens dronkbestuur in hegtenis geneem. Creecy sê haar departement wil teen 2030 die jaarlikse padsterftesyfer halveer, in ooreenstemming met die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte.