# Die IVP eis ʼn deeglike ondersoek na die moord op sy KwaZulu-Natalse raadslid vir proposionele verteenwoordiging, Khethelo Mdluli. Hy is verlede week by sy huis in Gingindlovu geskiet en is Maandag aan sy beserings dood. Mdluli was sedert 2021 die IVP-raadslid in die uMlalazi-munisipaliteit en sou in die komende plaaslikeregeringsverkiesing die party se kandidaat vir Wyk 17 wees. Die IVP sê politieke geweld moet nooit toegelaat word om ʼn wapen in die land se demokrasie te word nie.
IVP vra volledige ondersoek na moord op sy KZN-raadslid, Khethelo Mdluli