Skip to content

Gholf: Tiger se bestuurslisensie vyf jaar opgeskort en hy kry boete na pleitooreenkoms

# Gholf: Die vyftienmalige Major-kampioen Tiger Woods se bestuurslisensie is vir vyf jaar opgeskort na ‘n pleitooreenkoms bereik is in die saak van dronkbestuur teen hom. Die 50-jarige is in hegtenis geneem nadat hy in Maart in Florida met sy Land Rover by ‘n ongeluk betrokke was. Hy het ‘n asemtoets geslaag, maar geweier om ‘n urienetoets te doen en het onskuldig gepleit aan ‘n klag van dronkbestuur. In die pleitooreenkoms het Woods skuldig gepleit aan ‘n geringer klag van roekelose bestuur en weiering om ‘n onwettige toets te ondergaan. Hy is ook met sowat 16-duisend-rand beboet.