Skip to content

Malusi Gigaba van ANC sonder verduideliking as medevoorsitter van parlementêre Verdedigingskomitee verwyder

# Die parlementêre staande komitee oor Verdediging het Mzimasi Hala van die ANC as nuwe medevoorsitter verkies nadat Malusi Gigaba onverwags en sonder verduideliking uit die posisie verwyder is. Hala is met ses stemme teen twee verkies, terwyl die EFF buite stemming gebly het. Gigaba staar aanklagte van bedrog en korrupsie in die gesig wat verband hou met die Transnet-tender vir meer as een-duisend lokomotiewe wat die regering sowat 54-miljard-rand gekos het. Windy Plaatjies van die ANC sê die party hoef nie te verduidelik nie, want dis ʼn interne kwessie.