# Rugby: Die veteraan All Black-senter Anton Lienert-Brown glo hul tempo kan die Springbokke Saterdag laat les opsê teen die einde van die eerste en die tweede helfte van die derde toets op die FNB-stadion in Johannesburg. Hy sê hulle is ongelooflik fiks, soos bewys is toe hulle Suid-Afrika geklop het in die tweede helftes van die vorige twee wedstryde. Lienert-Brown glo Johannesburg se hoogte bo seespieël sal tot hul voordeel wees. Die All Blacks kom vandag in die Goudstad aan, wat hulle genoeg tyd gee om te klimatiseer.
Rugby: Lienert-Brown sê top-fiks All Blacks kan Bokke in Johannesburg troef