Skip to content

Makhubu sê sterker belastinginvordering help met rekordinkomste vir Suid-Afrikaanse Inkomstediens

# Die kommissaris van die Inkomstediens, Johnstone Makhubu, sê die belastingowerheid het herstel ná die skade wat tydens staatskaping aangerig is. Hy het op die Finansiële Beraad gesê belasting-invorderings het die afgelope vyf agtereenvolgende jare ekonomiese groei oortref. Die diens het in die 2025/26-boekjaar ‘n rekordbedrag van 2,01-duisend-miljard-rand ingevorder, ‘n styging van 8,4-persent, vergeleke met nominale ekonomiese groei van 5,4-persent. Makhubu sê beter-bemande afdelings, data-ontleding en tegnologie verbeter belastingnakoming, maar waarsku Suid-Afrika se beperkte belastingbasis en die onwettige ekonomie bly groot uitdagings.