# Tennis: Gael Monfils het sy 40ste verjaardag in styl gevier met ‘n oorwinning oor Adolfo Daniel Vallejo van Paraguay op die Amerikaanse Ope. Die Fransman, wat die einde van die seisoen uittree, is nou deur na die tweede ronde. Die vyfde-gekeurde Italianer Flavio Cobolli het Francisco Comesana van Argentinië in vyf stelle geklop. In die vroue-afdeling het Elena Rybakina van Kazakstan, wat mik na die wêreld-nommer-een-posisie, die Amerikaanse promotorskeuse Thea Frodin uitgeskakel en na die tweede ronde deurgedring. Die Amerikaners Coco Gauff en Madison Keys het ook gewen.
Tennis: Gael Monfils wen op sy 40ste verjaarsdag op Amerikaanse Ope