# Die Amerikaanse weermag het nuwe lugaanvalle op Iranse teikens uitgevoer. Vier mense, insluitend ʼn vierjarige kind, is volgens berigte dood en meer as 50 beseer. Amerika se Sentrale Bevel sê die aanvalle volg na onlangse pogings van die Islamitiese Rewolusionêre Wagkorps om handelskepe in die Straat van Hormoes aan te val. Teheran het uit weerwraak Amerikaanse belange in Bahrein, Koeweit, Jordanië en Irak aangeval. Iran sê hoe meer die Amerikaanse leër volhou met aggressie in die streek, hoe meer verliese sal hy moet verduur.
Amerika en Iran skiet weer op mekaar wat vier lewens in Teheran eis