# Die voorsitter van die parlementêre Ampsklagkomitee, Makashule Gana, het politieke partye tot Vrydag kans gegee om nog benoemings vir ʼn getuienisleier in te dien. Die komitee het sy besluit herroep om advokaat Thandazani Madonsela as getuienisleier aan te stel van sy ondersoek teen president Cyril Ramaphosa oor die Phala Phala-sage. Ramaphosa het beswaar gemaak teen die aanstelling en moontlike botsing van belange aangevoer, insluitend dat hy voorheen regsadvies oor die ampsklagproses aan die ANC gegee het. Gana sê die komitee sal volgende Woensdag die benoemings oorweeg:
Partye kan tot Vrydag verdere benoemings indien vir Ampsklagkomitee se getuienisleier [KLANK]
ENG GanaOnEvidenceLeader