Skip to content

CapeNature hersien permit- en basiskampfooie vir kommersiële verfilming

# CapeNature sal vanaf die begin van volgende maand nuwe fooie vir kommersiële verfilming by reservate regoor die Wes-Kaap instel. Die nuwe tariefstruktuur sal produksies volgens die grootte van filmspanne hef, met ‘n nuwe kategorie vir produksies met meer as 100 mense. Fooie sal ook styg vir permitte, basiskampe en omgewingsbeheerbeamptes. Die uitvoerende hoof van die organisasie, Ashley Naidoo, sê die veranderinge sal help om die koste van verfilming te dek terwyl berge, woude en kusgebiede oop bly vir plaaslike en internasionale produksies.