# Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die stad se nuwe polisiëringsbevelsentrum in Goodwood sal reaksie op misdaad verbeter. Die gesamentlike openbare veiligheidsbeheersentrum van agt-duisend vierkante meter sal polisiëringshulpbronne en -tegnologie bymekaarbring, insluitend lyfkameras, kringtelevisiekameras, nommerplaatherkenningskameras en kunsmatige intelligensie. Hill-Lewis sê die stad het nou meer as drie-duisend-800 beamptes, terwyl kringtelevisie gehelp het om meer as 41-duisend voorvalle op te spoor en tot 541 arrestasies in die afgelope finansiële jaar gelei het:
Nuwe polisiesentrum om Kaapstad se misdaadbestryding te versterk [KLANK]
ENG GeordinOnNerveCentre