# Krieket: Die jong Proteas-snelbouler Kwena Maphaka glo hy sal Kagiso Rabada se rol in hierdie maand se tuis-eendagreeks teen Australië kan vul. Rabada is weens ‘n besering uitgesluit en sal nie terugkeer voor volgende maand se toetsreeks teen die Aussies nie. Die twintigjarige Maphaka sê hy is vol vertroue in sy vermoëns nadat hy die boulaanval vir die Leeus en Suid-Afrika onder-19 gelei het. Die eendagreeks teen Australië begin op die 24ste in Durban, en die eerste van drie toetse begin op 9 Oktober, ook in Durban.
Krieket: Maphaka glo hy sal Rabada se plek in eendagwedstryde teen Australië kan volstaan