# Die Parlement se ampsklagkomitee het sy benoeming van advokaat Thandazani Madonsela as getuienisleier herroep. Die komitee is gereed om president Cyril Ramaphosa te ondersoek oor die Phala Phala-saga. Die ANC en die Patriotiese Alliansie se verteenwoordigers het aangevoer daar bestaan ‘n persepsie dat Madonsela bevooroordeeld was, soos Ramaphosa vroeër gesê het, terwyl ander partye die voorstel teengestaan het. Die mosie is met 18 stemme teen nege aanvaar. Die sekretaris van die Parlement stel die getuinenisleier aan na die komitee se benoeming.
Ampsklagkomitee herroep benoeming van Madonsela as getuienisleier