Skip to content

Tennis: Wawrinka se laaste Grand Slam-toernooi eindig in die eerste ronde op Flushing Meadows

# Tennis: Die Switserse veteraan Stan Wawrinka se laaste Grand Slam-toernooi het in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope, tot ‘n einde gekom toe hy teen die Italianer Matteo Berrettini verloor het. Die 41-jarige Wawrinka tree die einde van die seisoen uit na hy in 2002 op 17 ‘n beroepspeler geword het. Hy het drie Grand Slam-titels ingepalm en in 2008 saam met Roger Federer goud in die mans-dubbelspel op die Olimpiese Spele in Beijing gewen. Wawrinka het gesê hy sal die spel mis, terwyl hy staande op die Grandstand-arena toegejuig is.