Skip to content

Verdagte vas nadat 11 gesteelde vuurwapens van veiligheidsmaatskappy in Oos-Kaap teruggevind is [KLANK]

# Die Oos-Kaapse polisie het gister ʼn 52-jarige verdagte gearresteer en op 11 vuurwapens beslag gelê, kort nadat dit by ʼn privaat veiligheidsmaatskappy in Newton Park, Gqeberha, gesteel is. Nege haelgewere, twee R-15-aanvalsgewere, drie koeëlvaste baadjies en ʼn bakkie wat aan die veiligheidsmaatskappy behoort, is teruggevind. Die polisiewoordvoerder, Sandra Janse van Rensburg, sê die verdagte sal later die week in die Gqeberha-landdroshof verskyn op aanklagte van onwettige besit van vuurwapens en besit van vermeende gesteelde eiendom:

AFR RensburgONGqeberha