Skip to content

Instituut vir Rasseverhoudinge sê vroue kiesers kan uitkoms van plaaslike verkiesing bepaal

# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê vroue kiesers kan die sleutel wees wat die uitslag van die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November kan bepaal. Die jongste peiling toon die ANC het steeds sterker steun onder vroue, met 37-persent wat die party ondersteun in vergelyking met 26-persent vir die DA. Die peiling dui ook daarop dat 82-persent van vroue wil hê die regering moet meer op werkskepping as op maatskaplike toelaes fokus. Hermann Pretorius van die Instituut sê partye wat werk en huishoudelike sekuriteit bied, kan die ANC se steun onder vroue uitdaag.