# Die Switserse polisie het ‘n 43-jarige man in hegtenis geneem in verband met ‘n skietery by ‘n rave in die dorp Aarau waarin ‘n Italiaanse vrou dood en vyf mense beseer is. Die verdagte is in hegtenis geneem na ‘n grootskaalse soektog. Die polisie glo ‘n enkele persoon was betrokke, maar sê die omstandighede en motief word steeds ondersoek. Die skietery het gisteroggend vroeg by ‘n onderdakse perdewedrenbaan plaasgevind. Voor die inhegtenisneming het die owerhede verskeie moontlike motiewe oorweeg, insluitend terrorisme.
Switserse polisie neem man in hegtenis na skietery by rave