# Die United Progressive People Alliance sê inwoners van Hammanskraal moes byna twee weke lank sonder betroubare watervoorsiening klaarkom. Die party se burgemeesterskandidaat vir Tshwane, Abel Tau, sê hulle moes sonder basiese higiëne klaarkom. Hy sê die watertoevoer is eers herstel toe die ANC se president, Cyril Ramaphosa, die gebied besoek het, wat vrae laat ontstaan oor waarom daar nie vroeër opgetree is nie. Hy eis deursigtigheid en ‘n voorkomingsplan:
Party eis antwoorde oor onderbreking in Hammanskraal se watervoorsiening [KLANK]
ENG TauOnWater