# Tennis: Mariano Navone van Argentinië het die 24-malige Grand Slam-kampioen, Novak Djokovic, uitgeskakel in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope. Die Serwiër het in vyf stelle verloor teen die wêreld-nommer-49 – die eerste keer sedert 2006 dat hy in die openingsronde van ‘n Grand Slam-toernooi vasval. 2021 se kampioen, Daniil Medvedev van Rusland, het die Franse kwalifiseerder Hugo Gaston geklop. Die Amerikaanse vrou Jessica Pegula het in skoon stelle afgereken met Elena-Gabriela Ruse van Roemenië. Elina Svitolina van Oekraïne en die Italianer Jasmine Paolini het ook gewen.
Tennis: Mariano Navone skakel Novak Djokovic uit in eerste ronde van Amerikaanse Ope