Skip to content

Krieket: Protea-snelbouler Lutho Sipamla weens besering uit T20-driehoekige reeks in Namibië

# Krieket: Die Protea-snelbouler Lutho Sipamla neem nie langer deel aan die driehoekige T20-reeks in Namibië nie. Die 28-jarige het Vrydag sy been beseer in die eerste wedstryd teen die gasheer en het Saterdag se tweede wedstryd teen Zimbabwe misgeloop. Die veelsydige Andile Simelane is as sy plaasvervanger aangewys. Sipamla is die tweede Suid-Afrikaner wat nie langer aan die reeks deelneem nie. Jason Smith het vroeër weens ‘n liesbesering onttrek.