Skip to content

Rugby: Pumas deur na Curriebeker-halfeindronde

# Rugby: Die Pumas is deur na die Curriebeker-halfeindronde na ‘n oorwinning van 52-26 oor die Cheetahs op die Mbombela-stadion. Die gashere het die kragmeting oorheers met agt drieë teenoor vier en met rustyd met 28-7 voorgeloop. Die Pumas het ‘n bonuspunt-oorwinning nodig gehad om hul plek in die laaste vier te verseker, en het dit oortuigend behaal ten spyte daarvan dat hulle ‘n deel van die wedstryd met 14 man gespeel het. Die Cheetahs, wat reeds ‘n tuishalfeindronde verseker het, het te veel hanteerfoute gemaak en in die lynstane gesukkel.