# Die DA in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi het misluk om ernstige geweldsmisdade in die provinsie te bekamp. Volgens polisie-misdaadstatistiek bly Gauteng die land se grootste bydraer tot ontvoering, met ‘n verstommende 51-persent van alle aangemelde ontvoeringsake landwyd tussen April en Junie vanjaar, terwyl een-duisend-772 poging-tot-moord-sake aangemeld is. Crezane Bosch van die DA sê die syfers ontbloot verder die voortdurende bedreiging waarmee inwoners in hul gemeenskappe te doen het:
DA in Gauteng sê jongste misdaadsyfers ontbloot Lesufi se mislukking om ernstige geweldsmisdade te bekamp [KLANK]
AFR BoschONLesufi