# Gholf: Jean Hugo het sy 22ste Sonskyn-toertitel ingepalm na hy die Sunbet Challenge op die Wild Coast Sun-baan met een hou gewen het. Die 50-jarige het ‘n finale ronde van 65 voltooi om agt-onderbaansyfer te eindig met Nikhil Rama tweede op sewe-onder. Hugo het die finale ronde in die gesamentlike 11de plek begin, maar drie voëltjies oor die eerste nege putjies en nog drie op die laaste nege het aan hom die oorwinning besorg. Dit plaas hom onder die vyf topspelers vir Sonskyn-toer-oorwinnings. Dit is sy eerste titel sedert hy ‘n senior beroepspeler geword het.
Gholf: Jean Hugo verower 22ste Sonskyn-toertitel