Skip to content

Tennis: Sabalenka vol vertroue ondanks insinking in haar spel

# Tennis: Die wêreld-nommer-een Aryna Sabalenka sê sy is steeds vol vertroue om ‘n derde agtereenvolgende Amerikaanse Ope-titel in New York te verower. Die kampioen van Belarus het sedert Maart nog nie ‘n toernooi gewen nie en is vroeg reeds by die Franse Ope, Wimbledon, Kanadese Ope en Cincinnati uitgeskakel. Sabalenka sê ondanks die insinkings, het sy die terugslae gebruik om haar geestesingesteldheid te versterk en glo dis net ‘n kwessie van tyd voordat sy weer op haar beste sal wees. ‘n Derde agtereenvolgende titel sal haar op dieselfde vlak as legendes soos Chris Evert en Serena Williams plaas.