# Krieket: Namibië het Suid-Afrika met 18 lopies in die openingswedstryd van die T20-driehoekige reeks in Windhoek geklop. Die gashere het 163 vir nege aangeteken, met die aanvangskolwer Jan Frylinck wat 60 van 38 balle gemoker het. Dewald Brevis het die meeste lopies vir die Proteas aangeteken met 75 van 50 aflewerings, maar Suid-Afrika het momentum verloor en op 145 vir agt geëindig. Ruben Trumpelmann van Namibië het drie paaltjies laat spat, terwyl JJ Smit ook drie laat kantel het. Die Proteas pak Zimbabwe vandag in hul volgende wedstryd, terwyl Namibië Sondag teen Zimbabwe te staan kom.
Krieket: Namibië skok Proteas in driehoekige openingswedstryd