# Reddingspanne in Nepal het begin met ‘n vierde dag van hulle soektog na oorlewendes ná verwoestende kitsvloede naby die Tibetaanse grens. Minstens 584 mense is dood en byna twee-duisend-500 word steeds vermis, insluitend meer as 500 buitelanders. Baie van hulle was op die Kailash Mansarovar-pelgrimstog. Die syfers verander vinnig met Nepalese en Chinese owerhede wat verskillende syfers rapporteer. Reddingsoperasies is ook belemmer deur die bedreiging van nog ‘n vloed uit ‘n onbestendige, nuutgevormde meer stroomop. Owerhede monitor die meer terwyl spanne voortgaan om na oorlewendes te soek.
Nepal se vloed-soektog gaan vierde dag binne