# Ses verdagtes is vasgetrek nadat sewe elektriese transformators ter waarde van sowat 1,5-miljoen-rand in Tembisa, Ekurhuleni, gevind is. Dit was deel van ʼn operasie deur Gauteng se verkeerspolisie, Gauteng-verkeersbeamptes se infrastruktuur-eenheid, en TDP Security Services. Die verdagtes staan tereg op aanklagte van diefstal en onwettige besit van noodsaaklike elektriese infrastruktuur. ʼn Woordvoerder van Gauteng se Departement van Gemeenskapsveiligheid, Ofentse Morwane, sê wetstoepassingsagentskappe sal voortgaan om misdadige aktiwiteite wat op noodsaaklike infrastruktuur gemik is, te ontwrig:
Ses vasgetrek toe wetstoepassers beslag lê op elektriese transformators in Tembisa [KLANK]
ENG MorwaneONTransformers